Luister: Hartklop-fees klop vir ʼn goeie doel


Hartklopfees-2015

Die Hartklop-fees ten bate van die President Kruger-kinderhuise vind Saterdag 28 Maart plaas. Foto: Verskaf.

Die Hartklop-fees is nie net ʼn lekker musiekfees vir die hele gesin nie, maar ook ʼn musiekvertoning met ’n hart. Jy kan na Bobby en Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Adam en Elvis Blue luister terwyl jy ook die President Kruger-kinderhuise in Pretoria en Reddersburg in die Vrystaat geldelik help.

Retha van der Merwe, fondswerwer vir die kinderhuise, het in Maroela Media se ateljee kom kuier en vir Esté Meyer Jansen vertel wat jy van Saterdag se fees kan verwag.

  • Die Hartklop-fees vind Saterdag 28 Maart by die Moreletapark-ouditorium op die hoek van Garsfonteinweg en De Villa Bois Mareuil-rylaan in Pretoria plaas. Die deure open om 18:30 en die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kan by itickets.co.za gekoop word en ʼn beperkte hoeveelheid kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.