Luister: Hoekom Heinz hom tot skarefinansiering wend

Heinz-Winckler

Heinz Winckler het onlangs aangekondig dat hy sy eerste onafhanklike album gaan aanpak deur middel van skarefinansiering. Foto: Facebook

Heinz Winckler het onlangs aangekondig dat hy sy eerste onafhanklike album gaan aanpak deur middel van skarefinansiering.

Skarefinansiering het die afgelope paar jaar baie toegeneem en talle insamelingsprojekte is al van stapel gestuur om geld in te samel vir enigiets van die vervaardiging van innoverende tegnologie tot die maak van ʼn aartappelslaai.

Heinz Winckler het onlangs aangekondig dat hy besluit het om sy eerste onafhanklike album uit te reik wat beteken dat hy nie van ʼn platemaatskappy gebruik maak om die album te vervaardig nie. Hoewel die konsep van skarefinansiering (oftewel geldelike steun uit aanhangersgeledere) nog ’n bietjie vreemd in Suid-Afrika is, het dit al op internasionale vlak geslaag. The Guardian het vroeër vanjaar berig oor die sukses wat die musikant Amanda Palmer daarmee gehad het.

Maroela Media het met Heinz gesels oor sy besluit om ʼn onafhanklike album aan te pak. Hy gesels ook oor die konsep van skarefinansiering en hoekom hy dink so iets die toekoms van die musiekbedryf is.

Vir meer oor dié projek gaan loer gerus hier.

https://www.youtube.com/watch?v=fbPwUAVlXf8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Debs ·

GI…. hoe gemaklik wil hy wees ……dit is ‘n “check”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.