Luister: Jacobus Silwer sprei vlerke met ‘genade’-debuut


'n Skermskoot uit Jacobus Silwer se liedjie "Genade vir Afrika".

‘n Skermskoot uit Jacobus Silwer se liedjie “Genade vir Afrika”.

Die sanger en liedjieskrywer Jacobus Silwer het onlangs baie aandag getrek met die debuutliedjie vir sy solo-loopbaan, “Genade vir Afrika”.

Dié liedjie is ʼn inisiatief wat voortspruit uit die erge droogtes waaronder boere gebuk gaan, en verseker dat dié sanger ’n golf in die musiekbedryf teweegbring. “Ek het aan die liedjie begin skryf voordat die ergste droogtegreep die land begin wurg het. Nou, met die onlangse droogtes, spreek dit net nóg harder,” het hy gesê.

Dit is egter nie al betekenis wat die liedjie dra nie. “Dit gaan oor droogtes in mense se lewe. Dis ʼn metafoor vir almal se seer en eensaamheid ook.”

Die musiekvideo vir sy liedjie is binne die eerste vyf dae van vrystelling meer as 8 000 keer op YouTube gekyk.

Hoewel Jacobus ʼn voormalige lid van die Select Musiek-groep, Silwer & Goud, is, hoop hy dat dié liedjie sy solo-loopbaan ’n ekstra hupstoot sal gee.

Aanhangers kan met hom kontak maak op sy Facebook-blad of by 071 116 4425, of andersins ʼn e-pos stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henri ·

Stel voor ons ondersteun die sanger, leer die woorde en sing saam as ons toi-toi lied.
Jacobus, is dit moontlik om jou lied te vertaal, sodat die engelse kan saamsing asb?

Jacobus Silwer ·

Hi Henri, ek sal probeer vertaal. Baie dankie vir die amazing boodskap! Die Here loop met uierdie song en ons is totaal uit die veld geslaan oor die groot response wat ons ontvang. May God bless you and keep you. JS

Jenny Thom ·

Jacobus, wat ‘n pragtige lied. Wil so graag vra. Wil jy in plaas van Here, ABBA sing nie. Hy is ons ABBA Vader en ons enigste Redding. Baie dankie, sit met trane in my oe. Hy is ons enigste Toevlug en onder Sy Vlerke kan ons skuil. Hy sal ons nooit as te nimmer versaak nie. Ons moet net onvoorwaardelik onsself weereens aan Hom toevertrou. Ons ABBA Vader!!! Jy moet Hom liefhe met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou kragte. Die mense verstaan dit nie. Hy is ‘n jaloerse God/Elohim/YHWH en soek jou onvoorwaardelik as sy kind. Groete, geseende naweek,

jacobus silwer ·

Hi Jenny, baie dankie vir die goeie boodskap, ons is verheug oor die terugvoer van alle kante af! Noem HOM wat jy wil, Hy het verskeie name maar dis ook ‘n persoonlike account van hoe ek die droogtes in my lewe en omgewing ervaar en vir my is Hy Jesus Christus die Here. Hallelujah! Geniet jou naweek en seën vir jou en jou familie. JS

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.