[Luister] Jannie Moolman praat oor ‘Classics is groot’

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Classics is groot, ʼn musiekkonsert deur die vervaardigers van Afrikaans is Groot, vind op 30 Julie in die Moreletapark-ouditorium in Pretoria plaas.

Verskeie plaaslike bekende kunstenaars soos Jannie Moolman, Corlea Botha, Timothy Moloi, Lindiwe Bongani en Joseph Clark is in dié konsert te sien. Internasionale bekendes soos Patrizio Buane asook Amira, die Holland’s Got Talent-ster.

Moolman sê die classics in die konserttitel verwys nie na klassieke musiek nie. “Ons het juis besluit op Classics is groot en nie “klassiek is groot” nie. Klassiek verwys na operamusiek of na musiek van komponiste soos Brahms. Classics is ʼn genre en sluit in liedjies wat klassiek geword het, soos dié van ABBA en Elvis Presley,” sê hy.

Hy sê aanhangers van die gewilde Afrikaans is Groot-konserte het hom en Corlea gevra om dié soort musiek meer gereeld te sing. “Die konsert het sy oorsprong gehad by die klassieke element van Afrikaans is Groot, en mense was dol daaroor. Ons het besluit om ʼn hele aand daaraan te wy.”

Aanhangers kan uitsien na ʼn 30-stuk orkes wat saam met die kunstenaars optree.

“Daar is baie konserte vir musiekgenres soos pop, jazz en R&B, maar nie vir classics nie. Hoewel almal ʼn plek in die bedryf het, glo ons daar is nie genoeg plekke waar kunstenaars hulself in die classics-genre kan uitleef nie,” het hy bygevoeg.

Kaartjies vir Classics is groot is beskikbaar by Ticketpro. Besoek ook die Classics is Groot Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anny ·

Ek dink beslis ook soos Jannie sê daar is n groter aanvraag na die soort musiek. Dit gaan groot wees! Wens ek kon daar wees maar bly te ver weg om daar uit te kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.