[Luister] Jennifer Zamudio stel nuwe enkelsnit bekend

Jennifer Zamudio. Foto: Facebook via Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio. Foto: Facebook via Jennifer Zamudio

Die sangeres Jennifer Zamudio het vandeesweek haar jongste enkelsnit, “Ongelooflik”, bekendgestel.

Dié enkelsnit kom van haar 11de en jongste album met dieselfde naam wat in Junie vanjaar in winkels te koop gaan wees.

“Ongelooflik” is geskryf deur Allen McKendree Palmer en Bridgette Tatum en in Afrikaans verwerk deur die sanger self.

Tatum is ook bekend vir liedjies soos “She’s Country” wat deur James Aldean opgeneem is, en meer as 39 miljoen trefslae op YouTube het.

Rindi Maritz, Jennifer se reklamebeampte, sê dié album beloof om die titelsnit gestand te doen. “Dit beklemtoon en bevestig weereens Jennifer se veelsydigheid as kunstenaar. Hoewel Jennifer ook self geskryf het vir die album, is verskeie liedjies vir haar geskep deur liriekskrywers uit Londen, Liverpool, Nashville en Suid-Afrika,” het sy gesê.

Die album is in Afrikaans en Engels. “Sy gaan die hartsnare behoorlik roer met ʼn paar uitsonderlike ballades en die betekenisvolle lirieke,” het Rindi bygevoeg.

Besoek Jennifer se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.