Luister: Kabaal Klankbaan raak nostalgies met ‘mixtape’

(Foto verskaf)

“Dit is soos ʼn potjiekos of lamsboud wat lank stowe, wat lank in die oond is voordat dit gereed is.”

Só beskryf Floris Groenewald, stigterslid van Kabaal Klankbaan, dié groep se vierde album, Ek’s steeds onstabiel. Kabaal Klankbaan is al jare lank in die musiekbedryf doenig, met die idee vir dié album wat reeds 10 jaar gelede ontstaan het.

Dit is dus vir Floris moeilik om ʼn vinger op die inspirasie vir die album te sit, aangesien dit ʼn samestelling is van lewenservaringe wat in die afgelope dekade opgebou is.

“Ek hou van ʼn album met ʼn tema, of iets wat die liedjies bymekaarbring. Dit is waarom daar met hierdie een spesifiek ʼn paar van my eie liedjies, maar ook ander mense se liedjies waarvan ek my eie interpretasie gedoen het, gehoor kan word,” vertel Floris in Maroela Media se ateljee.

“Die idee is soort van ʼn mixtape om verskillende liedjies bymekaar te sit wat dan hopelik as geheel gesien kan word.”

Die idee van só ʼn gemengde album, oftewel ʼn mixtape, soos wat dit in die volksmond bekendstaan, kan ʼn goeie skoot nostalgie opwek. Dit is egter nie hoe Floris dit beskou nie.

“Ek het begin om mixtapes te maak, en toe mixed CD’s, en nou maak ek elke af en toe ʼn speellys. Daar is ʼn element van nostalgie, maar ons doen dit op ʼn kontemporêre manier.”

  • Luister boaan na ʼn volledige klankonderhoud met Floris Groenewald, oftewel Kabaal Klankbaan.
  • Ek’s nog steeds onstabiel is nou op alle digitale platforms beskikbaar.

Kyk hier na Floris se jongste musiekvideo, “Stagefright”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.