Luister: Karen Zoid se grootste konsert nóg

Karen Zoid fotoKaren Zoid sê sy hoop die Republiek van Zoid Afrika-konsert by die Sun Arena in Pretoria gaan haar grootste konsert nóg wees.

Die sangeres en president van die gelyknamige kykNET-kletsprogram het in die verlede met ʼn soortgelyke konsert meer as 7 000 stoele gevul – maar nou hoop sy om dié keer haar eie rekord te verbeter.

“Ons het tydens die 2016-Woordfees in die Wes-Kaap ons eerste Republiek van Zoid Afrika-opelugkonsert gehou en 7 000 mense het die konsert bygewoon. Ons het besef daar is werklik ʼn aanvraag vir só ʼn konsert. Soveel mense het toe gevra waarom ons nie die konsert na Gauteng gebring het nie; nou doen ons dit. Dis nogal ʼn storie om so ʼn groot konsert aanmekaar te slaan, maar dis twee jaar later en ons is binnekort op die verhoog in Pretoria.”

Die Sun Arena se kapasiteit is 8 000 mense. Zoid sê as sy egter net 7 001 stoele by dié konsert kan vul, sal dit die grootste nóg in haar loopbaan wees.

Die sangeres sal ook nie alleen op die verhoog wees nie: Vusi Mahlasela, Kahn Morbee, Francois van Coke, Zolani Mohola, Ross Laermonth en Jo Black gaan ook op die verhoog wees.

Aanhangers kan ook uitsien na ʼn verskyning van Mielie Senekal, een van die karakters uit Zoid Afrika se immergewilde Keeping up with the Senekals-skets.

“Mielie Senekal het ons gemail, uitgekamp buite ons ateljees en omtrent tien of 15 inbox boodskappe gestuur elke dag vir die laaste drie jaar. My bestuurder het uiteindelik besluit om vir veiligheidsredes haar ook die geleentheid te gee om op te tree. Sy wou ʼn halfuur lank sing, maar ons het vir haar gesê sy kan twee songs kom doen. Sy oefen baie hard en is baie opgewonde. Sy het net gevra dat ons net nié vir haar ma of haar suster sê dat sy by die show sal wees nie; dis top secret.”

Kaartjies vir dié konsert is beskikbaar by Computicket. Vir meer inligting, besoek Zoid se amptelike Facebook-blad.

Lees ook: Karen Zoid: ʼn President soos geen ander

Zoid se vertoning by die Sun Arena by Time Square in Pretoria

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.