Luister: Kerry-Lee oor haar jongste album: Sewe sakke sout en die liefde


Kerry-Lee (Foto: Maroela Media)

Kerry-Lee (Foto: Maroela Media)

“Selfs al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie liefde nie, dan het ek ʼn klinkende metaal of ʼn luidende simbaal geword.” Dít, meen die Afrikaanse sangeres Kerry-Lee, is haar hartsbegeerte én tema van haar jongste album: om liefde te versprei sover as wat moontlik is.

Dié sangeres het onlangs haar jongste album, Dans in die reën, uitgereik.

Behalwe van die liefde is sy oor nog een ding in die lewe seker: Jy móét aanhou baklei vir dit waarin jy glo. Dié tema kan ook na die album deurgetrek word.

“Dit is ʼn album waarmee ek wil hê mense moet verlief raak op die liefde. Boonop wil ek mense ook herinner aan die liefde: hoe mooi dit is, hoe onvoorwaardelik, en dat dit ook verwys na respek en deernis en waardering. Dit sluit ook aan by die tema van ‘sewe sakke sout’ – om deur dik en dun ʼn pad te stap. Daar is saamsingliedjies en dansliedjies in die album en ek dink beslis dit is een van my bestes nog,” sê sy.

Kerry-Lee vertel sy put veral inspirasie uit haar gunstelingsangeresse soos Dolly Parton, Barbara Ray en Shania Twain.

Hoewel sy nie self liedjies vir die album geskryf het nie, was bekendes soos Hugo Ludick en Vaughan Gardiner in beheer van die skryfproses. Sy meen egter haar persoonlike ervarings is dikwels dit wat sy wil hê haar musiek moet oordra en daarom lewer sy altyd insette in die skryfproses.

“Ek dink elke persoon beleef die wêreld verskillend, maar ek dink my musiek spreek van my eie ervarings. Dis altyd moeilik om ʼn fyn balans te handhaaf met hoeveel van jouself jy mee in die openbaar leef, en hoeveel jy privaat hou. Ek dink dit is vir my belangrik dat aanhangers my ken, daarom gee ek nie om om in ʼn meer openbare manier te leef nie.”

Sy meen dié album is ook meer volwasse as haar vorige musiek. “Ons het hierdie keer ʼn meer volwasse aanslag gekies en het dit heeltyd in gedagte gehou tydens die skryfproses. Dit was vir my belangrik om hierdie keer te sê wat vir my belangrik is, en dis natuurlik ook universele temas wat tot ʼn groter, en meer volwasse, gehoor gaan spreek,” het sy bygevoeg.

Sy beplan om in 2017 twee oorspronklike Engelse country-snitte uit te reik en daarmee oorsee te toer. Vir die oomblik fokus sy egter net op die bemarking van Dans in die reën.

Vir meer inligting, besoek Kerry-Lee se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annalet Van der Merwe ·

Uhm, jammer vir die ongeskik dalk maar wie is Kerry-Lee?

Samantha ·

Kerry lee is my niggie? en ek is sooo trots op haar, ons hele familie is. You go girl!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.