Die CD Die Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye is vandeesweek bekendgestel en een van die treffers wat op die album verskyn is die wenliedjie “Kinders van die wind”.
Susan Botha, omroeper by GrootFM, het tydens die bekendstelling met Laurika Rauch gesels oor dié liedjie, haar loopbaan en die Afrikaanse taal.