Luister: Leah, Deon Groot stof bekende Kersliedere af

Die platemaatskappy Universal Musiek het kragte saamgesnoer met 12 van Suid-Afrika se talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat elkeen ʼn bekende Kersliedjie opgeneem het.

Verlede week het Willem Botha getref met “Oh Holy Night”, Pieter Smith met “Kom alle getroues” en Chereé en haar twee kinders, Taylor-Hope en Bella-Joy, met “Little Drummer Boy”.

Vandeesweek is Leah en Deon Groot aan die beurt, met onderskeidelik “Santa Clause Is Coming to Town” en “All I Want for Christmas”.

Caroline Grace, Riaan Grobler, Wynand Strydom en Franja du Plessis se liedjies word binnekort uitgereik.

“Die afgelope twee jaar het ons mense verskriklik baie swaarkry beleef en ons wou graag ʼn paar Kersliedjies uitreik om mense se gemoed te lig en hulle in die stemming van Kersfees te kry.

“Ons het selfs met die keuse van liedjies en die produksie daarvan besluit om te fokus op liedjies wat gelukkiger klink. Ons het ook vir die kunstenaars gevra om hulle gunsteling-Kersliedere te identifiseer,” sê Universal Musiek in ʼn verklaring.

Luister hier na die liedjies:

Leah – “Santa Clause Is Coming to Town”

Kry dit ook hier.

Deon Groot – “All I Want for Christmas”

Kry dit ook hier.

Die liedjies is beskikbaar op alle groot digitale platforms. Al 12 liedjies sal ook in Desember op een speellys beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.