Luister: Majozi bekoor met sy styl van Suid-Afrikaanse indie-folk musiek


Majozi

Foto: Majozi.co.za

Majozi is ʼn trots Suid-Afrikaanse musikant van die hawestad, Durban. Hy is ook nederig en dra sy hart op sy mou, letterlik, want sy tatoeëermerk bring eer aan Jesus en sy ma – twee aspekte wat sy lewe definieer en die musiek wat hy skryf inspireer.

Die jong musikant het homself leer kitaarspeel op die ouderdom van 13, waarna hy jazz en populêre musiek aan die Universiteit van KwaZulu-Natal gestudeer het. Hy is tans besig om opgang in die plaaslike musiekbedryf te maak en het einde verlede jaar geopen vir die internasionale groep, The Lumineers. Majozi het ook al saam met plaaslike sterre soos Matthew Mole, Gangs of Ballet, Zebra and Giraffe en nog ʼn internasionale kunstenaar, Yoav opgetree.

Majozi het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen oor sy nuwe album, wat einde Maartmaand vrygestel is, gesels. Luister na die gesprek hier bo, asook ‘n akoestiese  weergawe van sy liedjie, Fire.

Hier is die musiekvideo van sy liedjie, The River:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.