Manie Jackson het ʼn rowwe jaar agter die rug. Sy stryd met depressie en angs het hom vroeër vanjaar in die hospitaal laat beland en boonop het x-strale gewys daar is ʼn wit kol op Manie se stembande wat moontlik kanker kon wees.
Vandag, waar hy by Maroela Media kuier, sê hy sy stembande is heeltemal gesond en dit gaan oor die algemeen beter met sy gesondheid. Daarom voel Manie hy het baie om voor dankbaar te wees. Selfs die slegter dinge wat in sy lewe gebeur het, want dit maak jou op die einde ʼn sterker mens.
Manie het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy nuwe gospel-album, Dankie Heer, wat ʼn mens aanspoor om vir ʼn oomblik uit die dolle gejaag te tree.
- Bly ook ingeskakel tot die einde van die onderhoud om die liedjie te hoor wat Manie saam met Fredi Nest voor sy dood opgeneem het.