Luister: Manie Jackson sê dankie vir die goeie én slegte in sy lewe


Manie-Jackson-sing-Dankie-Heer

Manie Jackson se jongste album is ‘n klankbaan vir stil word, nadink en dankbaar wees. Foto: Pietercloete.com

Manie Jackson het ʼn rowwe jaar agter die rug. Sy stryd met depressie en angs het hom vroeër vanjaar in die hospitaal laat beland en boonop het x-strale gewys daar is ʼn wit kol op Manie se stembande wat moontlik kanker kon wees.

Vandag, waar hy by Maroela Media kuier, sê hy sy stembande is heeltemal gesond en dit gaan oor die algemeen beter met sy gesondheid. Daarom voel Manie hy het baie om voor dankbaar te wees. Selfs die slegter dinge wat in sy lewe gebeur het, want dit maak jou op die einde ʼn sterker mens.

Manie het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy nuwe gospel-album, Dankie Heer, wat ʼn mens aanspoor om vir ʼn oomblik uit die dolle gejaag te tree.

  • Bly ook ingeskakel tot die einde van die onderhoud om die liedjie te hoor wat Manie saam met Fredi Nest voor sy dood opgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.