Martin Bester het onlangs die musiekvideo van sy eerste Afrikaanse liedjie, “Wat weet ek tog”, uitgereik. Die goeie nuus is dat daar vroeg volgende jaar ʼn vollengte Afrikaanse album op pad is.
Dié sanger en omroeper het met Esté Meyer Jansen gesels oor die sukses van dié musiekvideo en sy planne vir 2016.