Die Suid-Afrikaanse alternatiewe musiekgroep MonArk het in 2013 en 2014 ʼn blywende indruk op die plaaslike musiektoneel gemaak. Hulle debuutalbum het verskeie Suid-Afrikaanse musiekprys (Sama)- benoemings ontvang en hulle liedjies is wyd deur radiostasies gespeel. Nou is die manne terug met ʼn de luxe-uitgawe van hulle eerste album, Negatives, wat spog met ʼn hele paar nuwe snitte.
Eugene Coetzer, hoofsanger van MonArk, en Deon de Klerk, baskitaarspeler, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die album, hulle besonderse musiekvideo’s en die groep se planne vir Desember.
Bly ingeskakel want MonArk speel ook ʼn akoestiese weergawe van hulle treffer “Build it Up”.