Luister: Musiekduo Juba kuier by die Blou Hond


Juba-musiek

Juba se Martiens en Adriaan Joubert kuier binnekort by die Blou Hond-restaurantteater in Pretoria. Foto: Jubamusiek.co.za

Aanhangers van Juba se musiek gaan op 13 Mei die geleentheid kry om saam met die twee Joubert-broers, Martiens en Adriaan, te kuier en wyn te proe by die Blou Hond-restaurantteater in Lynnwood, Pretoria.

Esté Meyer Jansen het telefonies met Martiens gesels terwyl hy op pad is na Ellisras, om te hoor wat gebeur in die broers se musiekwêreld.

  • Juba is 13 Mei by die Blou Hond-restaurantteater te sien. Kaartjies vir die vertoning sluit ʼn ete in. Besprekings kan gedoen word by [email protected] of skakel 012 348 8820. Jy kan die Blou Hond se teaterprogram op hulle Facebookblad kry of volg hulle op Twitter by @BlouHondTuis.

Hier is een van Juba se nuutste musiekvideo’s, “Bosvarkjag”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nefie ·

Julle kan maar na die ouens gaan kyk, hulle bied ‘n uitstekende vermaaklike vertoning. Met ‘n bietjie blootstelling gaan hulle nog gewild raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.