[Luister] My musiek is ʼn storieboek, sê Juan Boucher

Lydia Wynchester (agent), Juan Boucher en Adéle Changioun (joernalis) Foto: Maroela Media

Lydia Wynchester (agent), Juan Boucher en Adéle Changioun (joernalis) Foto: Maroela Media

Sy musiek is ʼn storieboek, sê die sanger Juan Boucher, en daarom is dit ook musiek waarmee mense hulle kan vereenselwig.

Die sanger het onlangs sy jongste album, Dis wie ek is, vrygestel.

Dié album het deur die eerste promosietoer meer as 3 000 eksemplare in minder as drie weke verkoop.

Juan het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dié sukses lê in die

eerlikheid van sy musiek. “Elke album wat ek uitbring, handel oor my lewe. Dié spesifieke album vang twee jaar van my lewe vas. Dit is ʼn storieboek in elke sin van die woord,” het hy gesê.

Hy weet ook van seerkry, en juis daarom kan sy musiek “eg” wees. Sy meisie is byna ʼn dekade gelede in ʼn motorongeluk oorlede. Dié seerkry was die katalisator vir sy skryfwerk.

“Dis vir my lekker om te skryf. Dis lekker om vir mense musiek te maak wat hulle geniet. Ek kan steeds nie glo watter groot sukses van my liedjies bereik het nie. Ek moet skryf en ek moet stories vertel, want dis wie ek is. Dis ook ʼn uitlaatklep.

“Ek het aanvanklik begin skryf toe ek kwaad of hartseer was. Met hierdie album het ek na mense se lewe om my begin kyk en dit ook as inspirasie gebruik. Musiek is baie belangrik, veral in vandag se tyd,” het hy bygevoeg.

Dié album vertel ook oor die liefde. “Dis ʼn romantiese album. Jy kan elke liedjie vir jouself neem. Elke liedjie het ʼn betekenis. Baie van die liedjies gaan oor die liefde in my lewe en ons reise rondom dit. Wanneer mens verlief is, verander jou skryfstyl. Jy skryf altyd die mooiste liedjies wanneer jou hart seer is of wanneer jy verlief is.”

Hoewel dit moeilik sou wees om ʼn liedjie op die album uit te sonder, is daar tog een wat uitstaan. “My gunstelingliedjie is ‘Teenoorgestelde liefde’. My ma het vir my die woorde gegee en die liedjie lê my na aan die hart. Daar is egter nie net soetsappige liedjies nie. Daar is iets van alles op die album – country, dansliedjies en so meer.”

Die album is beskikbaar op iTunes en in Musica-musiekwinkels.

Besoek sy Facebook– of Twitter-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Carina ·

Ek het per toeval van Juan se liedjies op Tubidy gaan kry en hy sing baie mooi.Ek het sy cd Kalm voor die Storm gekoop en van daar af is ek mal oor sy musiek..het intussen. Gee jou hart ‘n breek en sy nuutste cd Dis wie ek is ook gekoop en gaan die 19’de Augustus na sy vertoning kyk hier in Ermelo..Ek sal graag ook sy ander (vorige)cd’s ook wil kry..Juan Boucher,Ek luister graag na jou “storieboeke”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.