Luister: Mzansi-jeugkoor bring hulde aan Nightbirde

Nightbirde. (Foto: Facebook/Nightbirde)

Die Mzansi-jeugkoor se jongste uitreiking bring hulde aan die Amerikaanse liedjieskrywer en sangeres Nightbirde wat onlangs harte verower het op die America’s Got Talent-verhoog met haar oorspronklike liedjie getiteld “It’s Okay”.

Die jeugkoor, wat uit sowat 50 lede tussen die ouderdomme van 13 en 24 bestaan en almal uit minderbevoorregte omstandighede kom, se weergawe van “It’s Okay” bring ook hulde aan kankerlyers wêreldwyd, asook aan diegene wat familielede weens kanker aan die dood moes afstaan.

Jane Marczewski, beter bekend as Nightbirde, het intussen onttrek aan die America’s Got Talent-kompetisie weens haar stryd met kanker.

Sy het tydens haar oudisie in Junie, voordat sy begin sing het, aan die beoordelaars gesê sy is ʼn kankerlyer wat tans nog kanker in haar longe, ruggraat en lewer het. Sy het later ook gesê sy het volgens dokters net ʼn 2%-kans op oorlewing.

Haar liedjie en outentieke, eteriese stem het Simon Cowell, Heidi Klum, Howie Mandel en Sofia Vergara uitgeboul. Die YouTube-video van die oudisie spog ook met meer as 35 miljoen kykbeurte.

“Ons het hierdie weergawe van ‘It’s Okay’ gemaak, want ons is geïnspireer deur haar ongelooflike uithouvermoë en positiewe uitkyk op die lewe,” het Sidumo Nyamazele, musikale direkteur van die Mzansi-jeugkoor, aan The Good Things Guy gesê.

“Nightbirde het ʼn simbool van moed, statigheid, skoonheid en inspirasie geword. In tye van teenspoed was haar stem ʼn stem wat mense reg oor die wêreld, ook ons, moes hoor. Ons stuur gebede en liefde aan Nightbirde. Jy het ons almal geleer om dapper te wees,” het Nyamazele bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Dan kla baie van ons oor twak, soos geldstukke wat aan ons bo-arms vaskleef daar waar ingeent was!

Pieter ·

Ek dink nogals dis skrikwekkend, as jy na die inenting magneties raak , en dinge aan jou vas klou soos geldstukke. Dit is nie normaal nie

Alta ·

Baie dankie! Die lied inspireer my nog altyd. Dankie NIghtbirde! Dankie Jeugkoor!

Blits ·

Die vrou het reeds soveel mense geraak met haar positiwiteit

Patch ·

Pragtig! Wat ‘n pragtige tribute aan haar. Nightbirde sou dit baie ver kon bring as dit nie vir haar gesondheid was nie, sy sing en dig pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.