Luister: ʼn Nuwe klank vir Liza Brönner


Foto: Facebook/Liza Bronner

Foto: Facebook/Liza Bronner

Die sangeres Liza Brönner se jongste album Dans op jou eie is pas bekendgestel en sy meen dis ʼn nuwe klank wat aanhangers sal geniet.

“Hierdie album is anders as my vorige werk – dis iets wat mense nie van my gaan verwag nie. My vorige werk was meer kontemporêr-country, hierdie album het meer van ʼn popklank.”

Liza sê hoewel sy saam met mense soos Vaughan Gardiner gewerk het, kom die meeste van die liedjies uit haar pen. “Dit is my eerste CD in twee jaar; ek het twee jaar lank geloop met idees en ʼn paar daarvan op papier gesit. Toe die tyd nader kom om aan ʼn album te werk, het ek al my idees bymekaargegooi.”

Sy sê die skryf van liedjies was nie moeilik nie, maar dat dit wel tyd geneem het omdat sy nie dadelik kan sit en ʼn liedjie skryf nie. ”Vir my gaan dit oor iets wat in my hart aangaan – ek sal met die gevoel loop en dit koester, en dan begin die idees kom vir ʼn liedjie. Gewoonlik skryf ek op my beste wanneer ek baie hartseer, of baie gelukkig is,” skerts sy.

Luister na die podsending vir die volledige onderhoud.

Liza se nuwe album is by verskeie musiekwinkels en op iTunes beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.