Luister: Nataniël in ekstase oor ‘Afrikaans in styl’

“Styl is nie hoe die verhoog ontwerp is of hoe die kostuums lyk nie; styl gaan oor die manier waarop ons die produksie aanbied: met eerlikheid, gestrooptheid en ʼn akoestiese aanslag.

“Niks word vooraf opgeneem nie en niemand sing met back tracks nie,” het Nataniël aan Maroela Media oor die eerste Afrikaans in styl-produksie gesê.

Afrikaans in styl, wat op 27 Augustus by Sun Arena in Pretoria en op 3 September by Grand Arena in Kaapstad plaasvind, is ʼn samekoms van Stef Bos, Nataniël en Karen Zoid se uiteenlopende musikale wêrelde.

“As jy my, Stef en Karen se loopbane bymekaartel, dan is daar altesaam sowat 80 jaar ervaring tussen ons, maar dít is die eerste keer dat ons drie saam op die verhoog gaan wees,” sê Nataniël verder.

Volgens Matthys Maree, wat met die konsep vorendag gekom het, is Afrikaans in styl juis ʼn viering van drie van Suid-Afrika se mees ikoniese kunstenaars.

Elkeen van hierdie kunstenaars het die geleentheid om hul eie program en styl na Afrikaans in styl te bring, wat beteken dat gehore eintlik ʼn konsert binne ʼn konsert kan verwag.

Onder die musikale leiding van Charl du Plessis word die kollig gedeel met Juan Oosthuizen (kitaar), Henry Steel (kitaar), Brendan Ross (klawers en stem), Werner Spies (bas), Rixi Roman (bas), Peter Auret (tromme), Marlon Green (tromme), ʼn strykorkes, sangers Nicolaas Swart en Dihan Slabbert, asook ʼn paar geheel en al onverwagse, onoortreflike stemme en gesigte.

Stef Bos, Nataniël en Karen Zoid is die eerste keer saam op ‘n verhoog in ‘Afrikaans in styl’.

Maree en Nataniël wil mense egter gerusstel dat daar nie ʼn ure lange program op gehore wag nie.

“Mense moet besef dat dit nie ʼn langdradige en uitgerekte vertoning gaan wees nie, maar dit gaan sonder twyfel die tyd en geld werd wees. Ons kan nie nou al te veel verklap nie, maar gehore kan beslis uitsien na ʼn hele paar verrassings,” sê Maree.

Nataniël meen hulle wil nie die gehoor “doodmaak dat jy inkom as ʼn werkende persoon en uitstap as ʼn pensioenaris nie. Dit moet in ʼn gemaklike tyd wees”.

In eg Nataniël-styl het dié uiters gewilde kunstenaar reeds begin om sy kostuums vir die vertoning te beplan en te laat maak.

“Ek kan nie op ʼn verhoog stap en hier is ek met my een kostuum nie. Ek moet ʼn opening, closing, middel- en verrassing-outfit hê.”

Toegegee, die kostuums is deel van Nataniël se styl, maar waarop dit ook neerkom, is respek vir sy aanhangers.

“Ek is dankbaar vir elke siel wat nog ʼn bad vat, sy mooi klere aantrek (maar ons soek nie jou kortbroek nie), en dan na ʼn teater toe kom en na my kyk. Natuurlik moet ek vir hulle die beste ervaring gee, en dit sluit die toestand van jou blaas in.”

Afrikaans in styl vind op 27 Augustus by Sun Arena in Pretoria plaas en op 3 September by Grand Arena in Kaapstad. Kaartjies kos tussen R450 en R690 per persoon en is op Seatme beskikbaar. Vir meer besonderhede besoek Afrikaans in styl se webwerf.

  • Luister boaan die artikel na die volledige onderhoud met Nataniël oor die Afrikaans in styl-produksie. 

Skryf in

Vier Maroela Media-lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen vir die eerste Afrikaans in styl-produksie wat op 27 Augustus by Sun Arena in Pretoria en op 3 September by Grand Arena in Kaapstad aangebied word. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

    • Die kompetisie sluit 14 Augustus om 23:45.
    • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
    • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
    • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
    • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
    • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
    • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
    • Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carl ·

Net jammer Karen Zoid neem deel, en daarom sal ons nie gaan nie. Nadat sy met haar middelvingers omhoog op ‘n foto onder Orania se naambord gestaan het op Facebook en geweier het om te verduidelik of verskoning te vra, kyk en luister ons nie meer na ‘dit’ nie.

Vexed ·

Karin Zoid is baie ver verwyderd van styl en elegansie. Nataniel en Stef Bos gooi hulle name weg deur met haar op te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.