Luister: Nedine maak wiskunde maklik

Nedine Blom (Foto: Facebook via Nedine Blom)

Nedine Blom (Foto: Facebook via Nedine Blom)

Die Sama-bekroonde sangeres Nedine Blom het pas haar jongste CD, Wiskunde is Supercool, vrygestel, en vertel dié CD gaan kinders help om moeilike wiskunde-konsepte beter te verstaan.

Nedine, wat voorheen twee Sama-toekennings gewen het vir die vorige Supercool-CD’s, sê die idee met dié CD is om jong kinders op ʼn lekker manier te leer.

“Die idee is om kinders te leer terwyl hulle speel. Baie jong kinders rebelleer teen die gedagte om te gaan sit en breuke of somme te oefen. Met die musiek wil ons hê hulle moenie eens agterkom hulle leer nie,” verduidelik sy.

Die CD is hoofsaaklik gemik op grondslagfaseonderwys, of kinders tussen drie en tien jaar oud. “Ouers kan tuis die CD aansit en saam met die kinders sing om hulle te leer, of die onderwysers kan die CD in die klaskamer inspan as leerinstrument,” sê sy.

Wiskunde is Supercool gaan kinders help om wiskunde-konsepte soos analoogtyd, breuke, woordsomme en die uitkeer van kleingeld beter te verstaan. “Wanneer daardie kinders byvoorbeeld dan ʼn toets aflê, en die liedjie vir hulself kan sing, onthou hulle die liedjie leer hulle kan ʼn koek in twee verdeel vir twee mense, of twee halwes weer in twee verdeel vir vier mense. Dit help werklik om die konsepte beter te verstaan.”

Die Wiskunde is Supercool-CD bevat ook ’n twee- en driemaaltafelliedjie en liedjies oor emosies, planete en kleure.

Die CD is in samewerking met CAMI Education vervaardig en Gideon Botes het die musiekproduksie hanteer.

Wiskunde is Supercool kan op CDbaby afgelaai word, of gekoop word op haar webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

broos ·

groooot asb kan jy ‘n wiskunde cd maak vir gr 8 tot matriek???
:-)

Nedine Blom ·

Hi Tim, tot jy sien en hoor hoe kinders die 3 en viermaal tafel saam sing. Ongelooflik. Groete, Nedine

Leerkrag ·

So tussen hierdie uitstekende werk en die gratis wiskunde en wetenskap videos op Khan Academy behoort elke kind nou te presteer in wiskunde.

Daan Erasmus ·

Dankie. Dit is iets wat brood nodig is. Meer nodig as brood. As die grondslag reg gelê is dan is die res net soveel makliker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.