Luister: Neil Somers gesels oor opwindende country-musiekfees

Vir die Afrikaanse sanger Neil Somers is country-musiek meer as net ʼn genre, maar ʼn unieke manier om oor hartsake, liefde, geselligheid én mense te sing.

Hy beskryf country as “Amerikaners se boeremusiek” en meen die temas en gevoel daarvan maak dat veral Afrikaners daarby aanklank kan vind.

Die invloed van dié soort musiek is deurlopend in baie van sy eie liedjies, ook in sy jongste enkelsnit “Neonlig Nagdans”, te hoor en daarom het hy besluit om ʼn unieke musiekfees aan te bied wat country-musiek kan vier.

Somers sal op 4 September vanjaar die verhoog met kunstenaars soos Nádine, Ricus Nel, Dylan Pretorius en Mari Minnaar deel tydens die SkaapStad Country Fest-geleentheid, wat by die Captain’s Island‑restaurant in die ooste van Pretoria plaasvind.

In dié podsending gesels hy meer oor die ontstaan van dié fees, sy liefde vir country-musiek en waarom veral Afrikaanse gehore dié “honkey-tonk”-geleentheid sal geniet.

Kaartjies kos R250 en is hier beskikbaar. Kinders onder 12 kry gratis toegang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.