Neil Somers se nuwe album, Hierdie hande, is onlangs bekendgestel en volg ses jaar ná sy eerste CD.
Neil was ’n student in siviele ingenieurswese toe hy ingeskryf is vir ʼn musiekkompetisie wat hy ook wen. Sedertdien is hy al benoem vir ʼn Tempo-toekenning en het ʼn verhoog gedeel met Koos Kombuis, Theuns Jordaan en Kurt Darren.
Maroela Media het met Neil gesels oor sy liefde vir musiek wat die album geïnspireer het, en wat hy sou gedoen het indien hy nie gesing het nie.