Luister: Nóg Kersliedjies deur Afrikaanse sangers uitgereik

Die platemaatskappy Universal Musiek het kragte saamgesnoer met 12 van Suid-Afrika se talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat elkeen ʼn bekende Kersliedjie opgeneem het.

Verlede week het Leah vir die liedjie “Santa Claus is coming to town” ʼn nuwe baadjie aangetrek, terwyl Deon Groot die liedjie “All I want for Christmas” afgestof het.

Die sangers Willem Botha, Pieter Smith, Chereé en haar kroos, Taylor-Hope en Bella-Joy, Ruan Josh, Juanita du Plessis en Fatman het ook elkeen ʼn snit opgeneem wat die Kersfeesgees behoorlik aanwakker.

Vandeesweek is Caroline Grace, Riaan Grobler, Wynand Strydom en Franja du Plessis se liedjies aan die beurt. Caroline Grace sing die snit “White Christmas”, Riaan Grobler sing “Stille nag”, Wynand Strydom sing “Somerkersfees” en Franja du Plessis sing “Rocking around the Christmas tree”.

“Die afgelope twee jaar het ons mense verskriklik baie swaarkry beleef en ons wou graag ʼn paar Kersliedjies uitreik om mense se gemoed te lig en hulle in die stemming van Kersfees te kry.

“Ons het selfs met die keuse van liedjies en die produksie daarvan besluit om te fokus op liedjies wat gelukkiger klink. Ons het ook vir die kunstenaars gevra om hulle gunsteling-Kersliedere te identifiseer,” sê Universal Musiek in ʼn verklaring.

Luister hier na die liedjies:

Caroline Grace – “White Christmas”

Kry dit ook hier.

Riaan Grobler – “Stille nag”

Kry dit ook hier.

Wynand Strydom – “Somerkersfees”

Kry dit ook hier.

Franja du Plessis – “Rocking around the Christmas tree”

Kry dit ook hier.

Die liedjies is op alle groot digitale platforms beskikbaar. Al 12 liedjies is ook nou hier op een speellys beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.