Luister: Nog ʼn gróter ‘Wonderwerk’ vir Leah


Leah. Foto: Facebook via Leah SA

Leah. Foto: Facebook via Leah SA

Die Afrikaanse sangeres, Leah, se Wonderwerk-album was só suksesvol dat sy sommer besluit het om ʼn deluxe-weergawe van dié album vry te stel.

Die titel van dié album is nie verniet Wonderwerk nie. Die sangeres vertel die album het haar van een hoogtepunt na die volgende geneem.

Sy is vroeër vanjaar met onder meer Ghoema en Huisgenoot Tempo-toekennings bekroon.

Die deluxe-weergawe van die Wonderwerk-album spog met vier bonussnitte en die liedjies “Met jou klere aan” en “Meer as niks” het splinternuwe baadjies gekry.

Leah sê die doel van dié CD is om ʼn wye gehoor met haar musiek te teiken. “My musiek het iets van alles in. Ek is lief vir die lewe en wil dit ook wys in my musiek. Met die liedjie “Met jou klere aan” wou ek iets doen met ʼn lekker deuntjie, maar ek wil ook diversiteit in my musiek hê. Ek dink diversiteit kan in die album gesien word.”

Die skrywers, Johan C Vorster en Christoff Kotzé, het die liedjies op Wonderwerk geskryf. Sy beplan om nog ʼn paar enkelsnitte vry te stel voordat sy aan nuwe musiek begin werk.

Die deluxe-weergawe van die Wonderwerk-album is op iTunes beskikbaar.

Vir meer inligting, besoek Leah se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.