[Luister] Nóg ʼn temalied vir Vaughan Gardiner

vaughan gardenir1

Die gewilde sanger en akteur, Vaughan Gardiner, het onlangs by Maroela Media kom kuier om te gesels oor sy splinternuwe vrystelling, “Bou aan liefde”, wat ook die temalied vir die nuwe fliek Uitvlucht is.

Hy vertel sy vorige album, wat vroeër in 2015 vrygestel is, het reeds baie sukses bereik. “Daar is reeds drie enkelsnitte uit van daai album. Ek dink ek is bekend vir my ballades, maar dit was vir my lekker om ’n bietjie popmusiek te doen. Ek het probeer om goeie melodieë te hê met lirieke wat mense raak,” het hy vertel.

Vaughan sê “Bou aan liefde” het reeds positiewe reaksie van die publiek ontvang. Hy vertel hy het ʼn onafgeronde weergawe van die fliek gesien om die lirieke daarvoor te kan skryf. Sy vrou, Nerine, het hom met die lirieke gehelp.

“Dit is vir my altyd lekker om vir ʼn fliek of ʼn musiekblyspel te skryf. Ek het vantevore die temalied vir Platteland en ander flieks ook geskryf. Dis vir my altyd lekker om musiek by ʼn prentjie te kan skep,” het hy gesê.

Hy werk ook vanjaar aan albums van die gewilde groepe Adam en Majozi.

Uitvlucht begin op 13 Mei in teaters landwyd draai. Kyk die lokprent hier.

https://youtu.be/EUK6qyr5Sj4

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.