Luister: Nóg ʼn voetstamptreffer in Irene-Louise se visier

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie)

Irene-Louise van Wyk het goud raakgeboor met die treffersnit “Tekkies brand”, wat sedert dit verlede jaar uitgereik is steeds op al wat ʼn treffersparade pryk en tans in die derde posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 is.

Haar splinternuwe enkelsnit, “Maak ʼn plan”, is nou beskikbaar en Irene-Louise sê sy het saam met Roux Cloete en Dirk van Niekerk, wat ook “Tekkies brand” geskryf het, aan dié liedjie gewerk.

“Ons het gesê ons moet ons wenresep vat en ʼn nuwe sokkieliedjie doen en dit is presies wat ‘Maak ʼn plan’ is. Dit is ʼn sokkieliedjie op steriods,” vertel Irene-Louise laggend aan Maroela Media.

“Ek was aanvanklik baie senuweeagtig oor ‘Tekkies brand’ en was nie seker of dit gaan werk nie. Met ‘Maak ʼn plan’ voel ek anders. Ek is nie ʼn meisie wat mal is oor sokkie nie, want ek kan nie regtig dans nie, maar as ek ‘Maak ʼn plan’ hoor wil ek op my voete klim en net dans!”

Luther van der Watt van Yellow Lemon Media het die musiekvideo vir “Maak ʼn plan” geskiet en vervaardig. Hy was ook verantwoordelik vir haar video’s vir “Izzit” en “Kuierleier”.

“Die konsep van die video is net ek en ʼn klomp dansers, waaroor ek aan die begin ʼn bietjie skrikkerig was want ek was bang mense gaan verveeld raak. Tog wil jy die video deur kyk, want jy wil die liedjie klaar luister,” sê Irene-Louise.

“Maak ʼn plan” is op alle groot digitale platforms beskikbaar.

  • Luister boaan die berig na die volledige onderhoud met Irene-Louise van Wyk.

Kyk hier na die musiekvideo vir “Maak ʼn plan”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.