Luister: Nuwe baadjie vir gewilde Afrikaanse volksmusiek


afrikaanse-volksmusiek-saam-met-beeskraal-en-vriende

Foto: Verskaf.

Die manne van die alternatiewe rock-musiekgroep Beeskraal het saam met verskeie bekendes uit die Afrikaanse musiekbedryf gespan om 21 Afrikaanse volksliedjies op ʼn vars manier te laat herleef.

Chris Chameleon, Corlea Botha, Jak de Priester, Jannie Moolman en Gerhard Steyn is maar net ʼn paar van die sangers wat meegewerk het aan dié album, Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal en vriende.

Charlie Smidt, hoofsanger van Beeskraal, het met Esté Meyer Jansen gesels oor dié projek wat in opdrag van die FAK aangepak is. Charlie het ook verklap watter liedjies vir hom uitstaan op hierdie album.

  • Tien lesers van Maroela Media staan ʼn kans om ʼn Afrikaanse volksmusiek met Beeskraal en vriende– album te wen. Al wat jy moet doen om een van hierdie CD’s te wen is om ʼn SMS met jou naam en die woorde FAK Vonkmusiek te stuur na 45730. SMS’e kos R1,50 per SMS.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alida ·

Ek hoop nie Snotkop neem deel nie. Ek is geskok oor sy uitlating op TV dat hy sy hanslam Gert geslag het. In Huisgenoot voer hulle onderhoude met sterre oor hulle troeteldiere en hy spog ewe onskuldig met Gert. Mens eet nie ‘n dier wat jy met die hand grootgemaak het en ‘n naam gegee het nie. Dit is onmenslik !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.