Luister: Nuweling-musikant slaggereed vir Proe’toria-verhoog

Jemma Catherine. (Foto: Facebook/Jemma Catherine)

Die jong sangeres Jemma Catherine is ʼn Pretoriase nooi wat een van die dae so te sê in haar voortuin op die verhoog van die Proe’toria-fees te sien gaan wees.

Nie net het sy al voorheen die verhoog met groot name in die bedryf soos Francois van Coke en Ruhan du Toit gedeel nie, maar staan sy nou ook slaggereed om saam met ʼn hele rits gesogte kunstenaars die Proe’toria-fees op horings te neem.

Sy het onlangs 21 jaar oud geword en studeer verbruikerswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria, maar intussen werk sy hard aan ʼn sangloopbaan en haar eerste enkelsnit getiteld “Alles gee” sien binnekort die lig.

“Alles gee” handel oor iemand wat ʼn ander persoon se hart steel en uiteindelik daarmee mors, vertel Jemma Catherine in die Maroela Media-ateljee.

“Ek glo die liedjie sal by baie mense aanklank vind omdat dit ʼn aspek is wat deel is van verhoudings,” sê sy.

Die liedjie is vervaardig deur Ruan Graaff en Deon Dee van Dee Graaff Productions. “Hulle is die ongelooflikste mense en ek is mal daaroor om saam met hulle te werk.”

Jemma Catherine stel haar sang- en kitaartalent ten toon op die Proe’toria-verhoog op Sondag 6 Maart. Die fees vind die eerste naweek in Maart by die Monte De Dios-venue in die ooste van Pretoria plaas.

Ander groot name soos Martin Bester en sy orkes, Ampie, Jo Black, Karen Zoid, Die Heuwels Fantasties, Riana Nel, Refentse, Early B, Janie Bay en Dagbreek staan gereed om feesgangers te vermaak.

Terwyl dié gesogte kunstenaars op die verhoog is sal feesgangers onder meer aan boetiekjenewer, niswyne, konfyt en bier kan proe en gourmet-kosstalletjies sal sorg vir heerlike eetgoed.

Die gewilde JacarandaFM-persoonlikheid Thabiso Khambule is die naweek se gasheer en talle pryse gaan aan gelukkige feesgangers weggegee word. Die kleinspan kan ook na hartelus in ʼn veilige speelpark baljaar waar hulle die hele dag besig gehou sal word.

Die feestye is om 10:00 tot 19:00 en die hekke sluit om 21:00 en op Sondag om 18:00. Whitley Neill Handcrafted Dry Gin, deel van die Halewood-groep, is vanjaar se amptelike naamborg wat Proe’toria moontlik maak in samewerking met EPH Group, Maroela Media, The Marketing Zoo en Caring Daisies.

Die Proe’toria-fees bied vanjaar talle kos- en drankstalletjies. (Foto: Facebook/Proe’toria)

Kaartjies vir Proe’toria verkoop reeds soos soetkoek, met spesiale BBP-pakkette wat nog tot middel Februarie teen ʼn afslagprys van R750 beskikbaar is. Dié pakket sluit BBP-toegang, BBP-parkering, middagete, onbeperkte water en ʼn bottel wyn in.

Daar is slegs ʼn beperkte aantal van dié kaartjies beskikbaar en dit is geldig vir al twee dae van die fees. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by Tixsa.

Besoek Proe’toria op FacebookInstagram of Twitter vir meer inligting.

WEN: Een gelukkige leser kan ʼn dubbel-BBP-kaartjie na die Proe’toria-musiekfees op Saterdag 5 en Sondag 6 Maart wen. Die kaartjies sluit BBP-toegang, BBP-parkering, middagete, onbeperkte water en ʼn bottel wyn in. Die kompetisie sluit Donderdag 24 Februarie om middernag en die wenner sal op Vrydag 25 Februarie per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Een deelnemer word lukraak as wenner aangewys.
  • Die organiseerders sal die kaartjies direk per e-pos na die wenners toe stuur en alle verdere navrae hanteer.
  • Elke wenner ontvang ʼn dubbelkaartjie om die Proe’toria-musiekfees op 5 en 6 Maart by Monte De Dios by te woon.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Wenners is self verantwoordelik vir enige koste om die geleentheid by te woon, soos reis, verblyf, etes en drinkgoed.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Maroela Media mag met deelnemers kontak maak vir vrywillige ondersteuning.
  • Luister boaan die berig na die volledige onderhoud met Jemma Catherine.
  • Om jou kanse te verbeter om dié lekker kompetisie te wen, lees meer hier oor Martin Bester en sy optrede by die Proe’toria-fees en vul die kompetisievorm in.

een van my gunsteling liedjies om te sing ????

toe vind ek jou – francois van coke

Posted by Jemma Catherine on Saturday, April 24, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Proetoria was die grootste teleurstelling wat ek in n langtyd gehad het, spaar jou geld, gaan eerder Spur toe en bestel vir jouself surf and turf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.