Dit is nie net Afrikaanse volksliedjies en vaderlandsliedere wat deesdae in onbruik verval het nie, maar ook sommige geestelike liedjies soos psalms en gesange wat ook nie meer dikwels gehoor word nie. Met die uitreiking van die FAK se Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal en vriende CD wou dié organisasie nie net Afrikaans se musiekerfenis bewaar nie, maar dit ook bekendstel aan ʼn hele nuwe geslag luisteraars.
Dr. Danie Langer en Charlie Smidt is weer terug in Maroela Media se ateljee waar hulle verder met Esté Meyer Jansen oor dié album se geestelike liedere gesels en ook ʼn staaltjie of twee deel oor wat tydens die opnames van hierdie besondere geestelike liedjies gebeur het.
Wat ‘n besonderse opname van die gebed.