Die Voortrekker-beweging vier vanjaar sy 85ste bestaansjaar en daarom is dit gepas dat ʼn CD wat ʼn skatkis van Afrikaanse musiekerfenis is, ook ʼn paar Voortrekkerliedjies sal insluit.
In die laaste aflewering van die gesprekreeks oor die album FAK se Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal en vriende gesels dr. Danie Langner en Charlie Smidt vir oulaas met Esté Meyer Jansen oor die geskiedenis van veral die Voortrekkerliedjies op dié CD.
Dis nie ons 80 jarige verjaarsdag nie. Dis 85 jaar. Die Voortrekkers is in 1931 gestig.
Dagsê Maritza
Baie dankie dat jy laat weet het! Die fout is gou reggestel.
Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media