Albert de Wet is geen vreemdeling in die Afrikaanse musiekbedryf nie en het tussen 2006 en 2012 vyf albums uitgereik.
Vir sy album Yswarm het Albert saam met die skrywer Johan Oberholzer en die vervaardiger Murray Lubbe gewerk. Die album is ʼn kombinasie van Albert se vorige treffers, asook ‘n paar nuwes.
Maroela Media het met Albert oor die album gesels.