[Luister] Pieter Koen vertel oor ‘prettige én ernstige’ album

Pieter Koen (Foto: Facebook)

Pieter Koen (Foto: Facebook)

Hy’s gʼn Casanova nie, sê die sanger Pieter Koen ná die vrystelling van sy enkelsnit “Boobs, boude, bene” – net eerlik en komies, soos aanhangers hom al jare ken. Dié enkelsnit is immers deel van sy nuwe album, Ek kan nie vra vir meer, en die sanger vertel die album wys ook die ander, meer ernstige sy, van die sanger.

Die gewilde sanger en televisieaanbieder het vroeër vanjaar dié nuwe album vrygestel.

Die album volg 20 jaar nadat ek my eerste album vrygestel het. As kunstenaar kyk ek terug op ʼn wonderlike loopbaan, en hoewel daar nog baie dinge is wat ek wil doen en waaroor ek droom, kan ek nie vra vir meer nie. Dis waarvan die idee kom,” het hy gesê.

Die sanger het aanhangers behoorlik verras met die enkelsnit “Boobs, boude, bene” wat ʼn meer “komiese aanslag” het.

“Aanhangers het my na my vorige album met ʼn meer ernstige aanslag, Wat die hart van vol is, gevra wanneer ek weer bietjie iets fun doen. Dié enkelsnit is baie tong in die kies en lekker satiries. Dit gaan maar oor verhoudings oor die algemeen en dat daar nie eintlik meer vlerk gesleep word nie. Partykeer moet jy net ʼn liedjie geniet vir wat dit is, maar die album het natuurlik ook meer ernstige liedjies.”

Buiten vir die prettige- én ernstiger liedjies op die album, sê Pieter aanhangers moet iets in die musiek kan lees. “Ek dink mense moet met jou musiek kan assosieer. Musiek het meer trefkrag as daar ʼn konnotasie is. Dit is presies wat ek met hierdie album probeer bewerkstellig het.”

“Boobs, boude, bene” se musiekvideo is vroeër vanjaar vrygestel.

Die sanger beplan vroeg in volgende jaar om nog vrystellings te maak.

Ek kan nie vra vir meer kan op iTunes afgelaai word.

Vir meer inligting, besoek Pieter se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

OOOH WOW!!! Pieter ‘n CD van jou is altyd ‘n belewenis!
Ek is mal oor jou musiek –
Aan jou, Lottie en jul kinders ‘n baie Geseende Kersfees, mag al jul wense bewaar word.

Chantelle Botha ·

Met this guy once in Potch at Aardklop with Leah and all I can say, (as a professional) to him, that vanity is a weakness!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.