Luister: Rocco de Villiers vier 25 jaar agter die klavier


Rocco-de-Villiers

Rocco de Villiers. Foto: Rocco de Villiers se Facebookblad.

Die pianis, Rocco de Villiers, vier vanjaar twee besonderse mylpale. Hy speel nie net al 25 jaar lank klavier nie, maar vier ook sy 50ste verjaardag in 2015. Die jaar is ʼn propvol jaar met verskeie verrassings vir aanhangers van Rocco se musiek.

Esté Meyer Jansen het gaan uitvind hoe die pianis hierdie besonderse jaar gaan herdenk.

  • Rocco de Villiers is op 20 Februarie by die Blou Hond restaurantteater te sien. Kaartjies vir die vertoning sluit ʼn ete in. Besprekings kan gedoen word by [email protected] of skakel 012 348 8820. Jy kan die Blou Hond se teaterprogram op hulle Facebookblad kry of volg hulle op Twitter by @BlouHondTuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rieks ·

Hoe sien ek nou weer vir Rocco in die oggende voor die klavier met skool opening! Toe al geweet ons skool gaan ‘n groot talent in die man oplewer! Jy is ‘n ster Rocco en jou musiek is so uniek soos jy – mag hierdie jaar vir jou ‘n besonderse jaar wees met die 2 groot mylpale – nog baie wat sal volg. Harrismith BO! ROCCO BO!

Eliza-beth ·

Was al by twee van sy vertonings en dis PUIK! Hy vertel gewoonlik ‘n storietjie of twee uit sy kinderdae en dan die mooi musiek – beslis die moeite werd om by te woon!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.