Die gospelsanger Roché het ʼn passie om ʼn generasie te beïnvloed en leiers op te voed. Sy hart klop warm vir liefdadigheid en hy veg teen vroueverkragting, kindermolestering en mensehandel. Dit was nog altyd sy begeerte om nuwe aanbiddingsliedere te gebruik om die kerk met musiek te bemagtig.
Esté Meyer Jansen het met Roché oor sy album Anders gesels en gaan hoor hoe sy musiek verskil van gewone gospelmusiek.