Luister: Rockers sing van Suid-Tiroolse held

Werner Mielies Human, Ernst Roets, Charles Kemp en James Kemp vorm saam deel van die groep Soms Wen Die Wolf. (Foto: Verskaf)

Soms Wen die Wolf se jongste 14 minuut lange rocklied, “1810”, het die klankgolwe in Februarie getref. Twee van die groep se lede, Werner “Mielies” Human en Charles (oftewel Charlie) Kemp, met Maroela Media oor die nuwe liedjie gesels.

Die liedjie “1810” handel oor ʼn herbergier in Suid-Triool, ʼn selfstandige provinsie in die noorde van Italië, wat teen ʼn groot mag in opstand gekom het.

“Hy was ʼn herbergier, ʼn alleman. Hy was nie self ʼn volk- of oorlogsheld van enige aard nie. Die Napoleontiese magte het sy land ingeval en hy het besluit dat hy nie daarvoor gaan staan nie. Op die einde van die dag het hy een van die grootste, sterkste volkshelde van daardie era geword.

“Ons vind aanklank by daardie volksheld-ideologie; dat selfs die alleman moet opstaan vir wat reg is,” verduidelik Kemp.

Volgens Kemp en Human het die liedjie het geweldig baie tyd en moeite geverg.

“Daar was soveel om te vertel en ons wou seker maak dat ons genoeg tyd het om alles te kan sê,” brei Kemp uit oor die omvang van die liedjie.

James Kemp, Charles se broer, en Ernst Roets is die ander twee lede van die groep.

Die musikante sit bedags agter die lessenaar en snags agter die instrumente.

Roets is ʼn bekende burgerregte-aktivis en hoof van beleid en aksie van AfriForum terwyl Human onder andere ʼn adjunkbestuurshoof in die regsafdeling van Solidariteit is. James Kemp is ʼn nuusredakteur en omroeper by Pretoria FM en sy broer, Charlie, is die voorsitter van die Nasionale Poligraafvereniging van Suid-Afrika (PASA).

  • Twee lede van die groep Soms Wen die Wolf, Werner “Mielies” Human en Charles Kemp, het met Maroela Media gesels oor die liedjie “1810” en die ryk geskiedenis agter die snit. Luister na die volledig gesprek boaan hierdie berig.

Luister na “1810” hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.