Die rockgroep Saarkie het onlangs sy derde album, Reisiger, in Pretoria bekend gestel.
Lila Botha, Adèle Fouché en Lourene Mostert van die groep het ʼn draai in die ateljee kom maak om te gesels oor hul nuwe musiekvideo vir dié album, hoe die groep verander het sedert sy ontstaan en wat alles nou voorlê.