Die talentvolle sanger Simeon Hamman het in Februarie sy jongste enkelsnit Ek los die agterdeur oop uitgereik. Die liedjie vertel hoe verhoudings soms nie uitwerk nie, maar dat daar jy altyd weer die lewe in die oë kan kyk en waardeer.
Esté Meyer Jansen het met Simeon gaan gesels oor die nuwe enkelsnit. Sy het ook vasgestel of ons binnekort nog ʼn album kan verwag en wat sy planne vir die res van 2016 is.