As jy nog nie Stadsboer se musiek gehoor het nie, kan jy gerus nader skuif en die moeite doen om na ʼn liedjie of twee van dié Pretoriase musiekgroep te luister.
Die groep het verlede jaar deelgeneem aan kykNET se musiekvideoprojek- (MVP) kompetisie en daarna het sy liedjie “Meer as genoeg” op die Afrikaans is groot volume 7-album verskyn. Dit is maar net die begin vir dié musiekgroep.
Esté Meyer Jansen het saam met Michelle Matthews en Ruan Hoffman, sangers en kitaarspelers, en Smiley van Dyk, baskitaarspeler, gekuier om ʼn bietjie meer oor die groep se musiek te wete te kom.