Luister: Stadsboer maak groot aankondiging


Stadsboer is te sien by Die Blou Hond op 9 Desember 2015. Foto: Twitter

Stadsboer is te sien by Die Blou Hond op 9 Desember 2015. Foto: Twitter

Die Afrikaanse sanggroep Stadsboer het onlangs by Maroela Media kom kuier om goeie én slegte nuus mee te deel. Die groep, wat ook die kykNET-musiekvideokompetisie gewen het, sê hulle gaan aanhou musiek maak, al verlaat Michelle (sanger en kitaarspeler) die groep einde vanjaar.

Aanhangers hoef darem nie asem op te hou nie, want Stadsboer het reeds oudisies gedoen vir ʼn ander sanger en die splinternuwe lid het reeds saam met die groep begin oefen. Nadia (Chrystal) gaan haar eie nuwe klank na die groep bring en aanhangers kan steeds uitsien na bekende gesigte soos dié van Smiley (van Dyk) en Ruan (Hoffman).

Stadsboer, soos hulle geken word, is vir oulaas op 9 Desember by Die Blou Hond te sien voor Nadia by Michelle gaan oorneem vir volgende optredes. Maroela Media het twee kaartjies om weg te gee vir dié optrede. Indien jy die kompetisie wil bywoon, beantwoord die volgende vraag: Wat is die naam van die nuwe lid wat by Stadsboer gaan aansluit?

Om kaartjies te wen vir dié geleentheid, stuur jou naam, van, telefoonnommer en die antwoord na [email protected]. Die kompetisie sluit 8 Desember teen 17:00. Die wenners van die kompetisie sal per e-pos in kennis gestel word en is self verantwoordelik vir reis- en verblyfkoste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.