Luister: Stef Bos kaalvoet in Pretoria


Stef Bos. Foto: Argief

Stef Bos. Foto: Argief

Die Nederlandse sanger Stef Bos sluit sy toer Mooie Waanzinnige Wêreld in Pretoria af en hy gaan boonop by dieselfde geleentheid sy nuwe album Kaalvoet bekendstel.

Maroela Media het met Stef uit die Kaap gesels oor sy afgelope wêreldtoer en hy vertel ook waar die inspirasie vir die nuwe album vandaan gekom het.

Stef Bos en Orkes se Kaalvoet deur die wêreld is op 27 en 28 Februarie by die Aula Teater in Pretoria te sien. Kaartjies tussen R150 en R200 is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre Celliers ·

My musiek voorliefdes loop wyd , en daar is min musiek waarvan ek nie hou nie, Rock Pop, Regae, Country, Klassiek, maak nie saak nie. Daar’s ‘n plek vir alles maar, helaas, ek voel Stef Bos hoort in Nederland tussen sy mense, nie in Suid Afrika, waar mens skaars ‘n woord verstaan wat hy “sing” en sy styl staan my, my familie en my vriende ook gladnie aan nie. Kruisig my, maar dis hoe dit is met Pierre Celliers.

WesKaap ·

Pierre, elke ou is geregtig op sy opinie. Dis wat die lewe so kleurvol maak. Persoonlik dink ek Stef is fantasties. Ek luister baie eerder na hom as 95% van die huidige Afrikaanse “sangers”.

vanPretoria ·

WesKaap, jy het dit goed gestel. Baie van hierdie sogenaamde Afrikaanse sangers maak my skaam om Afrikaans te praat. Ten minste is daar bietjie diepte in Stef se woorde. Hy is inderdaad fantasties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.