Luister: Steve gesels oor nuwe country album


Steve-Hofmeyr-country

Steve Hofmeyr sing weer country-musiek. Foto: Verskaf.

Die musiekbedryf in Suid-Afrika is soms moeilik om te peil en sangers weet nooit eintlik of ʼn album suksesvol gaan wees nie. Steve Hofmeyr beaam dit met sy nuwe country album If you could read my mind. Dié album is baie onlangs uitgereik en het reeds goue status verwerf.

“Ons is lekker verras! Ek het Vrydagaand nog gewonder of die album ʼn goeie idee was en teen Woensdag was hy al goud. Mens kan net nie raai nie – ek raai al vir 30 jaar lank hoe dit werk en ek kry dit nie reg nie.”

Steve meen dié album is so suksesvol omdat Afrikaanse mense ʼn sagte plekke vir Country musiek het. “Country is die meer sentimentele genre en ek dink ons is baie sentimentele en nostalgiese mense.”

Vir dié sanger pas country eintlik reg in sy kraal omdat hy reeds ʼn Kris Kristofferson  huldeblyk- album uitgereik het. “Ek is nie eintlik ʼn Country and Western ou nie, maar eerder die country, folk- kunstenaar.” Hy meen If you could read my mind is eintlik ʼn nostalgiese album. “Dis musiek waarmee ons groot geword het.”

Hoewel dié genre niks vreemds is vir Steve nie, sê hy daar is beslis genres wat hy nie wil sing nie. ”Rap is nie my ding nie – ek los dit vir ander mense, maar elke genre waarvan ek nie hou nie, het ek al op ʼn liedjie afgekom wat ek dink briljant is en dit sluit rap-musiek in.” Steve sê hy het groot geword met country, heavy metal en opera. “Ek het ʼn baie spesiale plek vir opera- en klassieke musiek. Ek kan nie opera sing nie, maar mens moet jou beperkinge ken en aangaan. My stem pas by uitstek by countrymusiek.”

Luister gerus na die podsending om te hoor wat Steve sê van die album se snitte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alida ·

Steve jy is KONING hou so aan. Sing bietjie Foster & Allen liedjies ook.

Grotman ·

Kom ons wees nou maar eerlik Steve!… Al sing jy die Briels sal jy steeds verkoop. Moet dit nou tog net nie gaan doen nie asb, ek se maar net. Jy is werklik die top manlike mega ster sanger in Suid Afrika!…

Vienna ·

Baie geluk !
Jy is en sal altyd die beste manlike sanger
in Suid Afrika wees/bly
Ons is baie lief en trots op jou.

thea ·

baie geluk Steve
jy bly die beste manlike sanger in die land
jy verouder soos goeie wyn
baie liefde en alles wat baie mooi is vir jou , in alles wat jy aan pak
en jou gesinslewe
en baie dankie vir wat jy vir ons volk doen xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.