[Luister] Tiro pak ʼn stukkie inspirasie vir jou in sy musiektas

Tiro-Gee-my-jou-hart

‘n Skermskoot uit die musiekvideo.

Tiro, die Tswana-sprekende sanger van Namibië, het in 2009 ʼn Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (Sama) vir sy debuutalbum, Speak to me, ontvang. Daarna het hy diep spore in Suid-Afrikaanse gehore se harte getrap. Hy het in Augustus sy langverwagte Afrikaanse album, Pak my in jou tas, bekendgestel en daar is ook reeds ʼn musiekvideo van die album se eerste enkelsnit, “Gee my jou hart”, beskikbaar.

Esté Meyer Jansen het met Tiro oor sy jongste album gesels en vasgestel dat al wat die man met sy fluweelstem wil doen, is om vreugde en inspirasie met sy musiek te bring waar hy optree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.