Luister: Touch of Class vertel oor dubbelalbum


Ruhan du Toit en Deon van der Mewe van die musiekgroep, Touch of Class. Foto: Facebook via Touch of Class

Ruhan du Toit en Deon van der Mewe van die musiekgroep, Touch of Class. Foto: Facebook via Touch of Class

Die gewilde groep, Touch of Class, wat al meer as twee dekades lank musiek maak, het onlangs ʼn dubbelalbum vrygestel wat beloof om aanhangers dae lank aan’t sing te hou met die partytjieliedjies waarvoor dié groep bekend is.

Die CD, 100 Duisend Perde, bevat een vollengte album met bekende liedjies en nog ʼn album met oorspronklike snitte.

“Die oorspronklike naam van die liedjie, 100 Duisend Perde, nou ook die titel van die CD, was aanvanklik ‘Ons sal saamstaan’. Toe ons die liedjie aan Coleske voorlê, het hulle egter gesê dié titel is al baie gebruik en ons het dit toe verander. Die idee is die hoewe van ʼn 100 000 perde wat sinspeel op die patriotiese gevoel van die Afrikaner,” het die groep vertel.

Hulle sê die album bou voort op van hul vorige werk. Touch of Class het al verskeie kere goue status met hul albums verwerf. “Dit gaan vir ons daaroor om singbare liedjies en melodieë te skryf, wat mense geniet. Die terugvoer van die mense wat luister, is vir ons belangrik.”

Die groep het in April die eerste enkelsnit, “Ek steek my hand op”, vrygestel. “Die liedjie kom uit die pen van Arrie Opperman. Hy het vir ons tien liedjies op die album geskryf. Dié enkelsnit is egter die liedjie waarom die hele album geskryf is. Ons het geweet die liedjie is die ruggraat van ons album toe ons dit die eerste keer gehoor het.”

Hulle is opgewonde om die musiek met hul aanhangers te deel. “Ons luister na die mense. Hulle sê vir ons ons moet spesifieke liedjies sing of op die kitaar speel. Mense sê gereeld vir ons waarvan hulle hou en wat hulle graag wil hoor en daaruit kry ons die inligting vir nuwe projekte.”

Besoek die groep se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bruno Stef ·

Deon vd Merwe is n besondere musikant sy kitaarspel is van die beste wat ek nog gehoor het juis omdat ek op n jong ouderdom ook n bietjie op n kitaar kon tokkel en weet wat dit beteken om so te kan speel.

magda ·

Ek het lanklaas twee mense tee gekom met sulke talent. Ruhan met die goue stem en Deon met die finominale vingers. Saam maak hulle n mean team. Kan nie wag om hulle op die verhoog te sien met Afrikaans is groot nie. 100 000 perde is die cd van 2016 en as iemand dit nog nie het nie jy weet nie wat jy mis nie. Sterkte manne julle gaan dit ver bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.