Luister: Vroue met ’n missie en hart om die wêreld te verander


Ladies-Night-Out-02

Christel Meyer en Annie Curtin saam met Samantha Hendrickz (middel) wat ook by die eerste Ladies Night Out-konsert opgetree het. Foto: Instagram

Annie Curtin en Christel Meyer van Cap43 Entertainment het dit reggekry om van die land se vroue met die mooiste stemme en harte saam om een verhoog te kry vir ‘n vertoonkas van Suid-Afrika se besonderse musiektalent, maar ook om sodoende geld in te samel vir liefdadigheid.

Hierdie vertonings word nog meer besonders gemaak deur die orkes wat uit vroulike musikante bestaan wat die vrouestemme op die verhoog begelei.

Hulle het in Maroela Media se ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die Ladies Night Out-konserte wat binnekort ʼn gereelde instelling in teaters gaan word, asook die doel wat hulle ondersteun.

  • Die volgende Ladies Night Out konserte sal in Augustus en November plaasvind. Besoek gerus cap43e.co.za of Facebook vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.