Luister: Willem Botha, Pieter Smith, Chereé en kroos sing Kersliedere

Die platemaatskappy Universal Musiek het kragte saamgesnoer met 12 van Suid-Afrika se talentvolle Afrikaanse kunstenaars wat elkeen ʼn bekende Kersliedjie opgeneem het.

Verlede week het Ruan Josh, sy ma, Juanita du Plessis en Fatman elkeen ʼn besonderse Kerslied die lig laat sien. Vandeesweek is die sangers Willem Botha en Pieter Smith aan die beurt, asook die country-sangeres Chereé en haar kroos, Taylor-Hope en Bella-Joy.

Willem het die liedjie “Oh Holy Night” gekies, terwyl Pieter “Kom alle getroues” sing en Chereé en haar kinders sing “Little Drummer Boy” saam.

Deon Groot, Caroline Grace, Riaan Grobler, Wynand Strydom asook Leah en Franja du Plessis se liedjies word binnekort uitgereik.

“Die afgelope twee jaar het ons mense verskriklik baie swaarkry beleef en ons wou graag ʼn paar Kersliedjies uitreik om mense se gemoed te lig en hulle in die stemming van Kersfees te kry.

“Ons het selfs met die keuse van liedjies en die produksie daarvan besluit om te fokus op liedjies wat gelukkiger klink. Ons het ook vir die kunstenaars gevra om hulle gunsteling-Kersliedere te identifiseer,” sê Universal Musiek in ʼn verklaring.

Luister hier na die liedjies:

Willem Botha – “Oh Holy Night”

Kry dit ook hier.

Pieter Smith – “Kom alle getroues”

Kry dit ook hier.

Chereé, Taylor-Hope en Bella-Joy – “Little Drummer Boy”

Kry dit ook hier.

Die liedjies is beskikbaar op alle groot digitale platforms. Al 12 liedjies sal ook in Desember op een speellys beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AW ·

Elke jaar word die selfde gedoen!

Wonder wat maak hierdie jaar se CD , beter as die vorige jaar sin?

Of die selfde lied beter as die vorige jaar se opname ?

Vonkprop ·

Wat my dwars in die krop steek is hierdie oorsese sangers wat van die wildste lewenstyle het, maar kom Kersfees dan neem hulle Kersliedere op. Alles net om geld te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.