Maak langpad korter met Maroela Media se speellyste

Tegnologie maak dit vandag soveel makliker om die lang pad korter te maak. Maroela Media het spesiaal vir die feestyd ʼn rits speellyste op Spotify saamgestel wat jy na hartelus op die langpad, by die huis of selfs onder die sambreel op die strand kan luister.

Hier onder is ʼn reeks musiekspeellyste:

Maroela Media se gunsteling- Afrikaanse liedjies van 2023

Hierdie speellys is ʼn samestelling van Maroela Media se personeellede se gunsteling- Afrikaanse uitreikings van die jaar. Die lys is nie in volgorde van gewildheid opgestel nie en is saamgevoeg om ʼn lekker-luister-speellys te wees.

Inkommers-boekvoorlesing

Su-an Müller-Marais, bekende radio- en TV-aanbieder, lees Hans du Plessis se boek, Inkommers, voor. Marius Vermaak het dit in Maroela Media se ateljee opgeneem. Die uitgewer beskryf dit as ʼn eietydse verhaal. ʼn Kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer.

Katbosbult

Katbosbult is Maroela Media se jongste, oorspronklike radiodrama wat onder leiding van Bettie Kemp opgeneem is.

Afrikaanse Kersmusiek

Kersmusiek weerklink tans wêreldwyd, maar watter Kersmusiek kan dan nou mooier wees as dié in jou eie taal?

Hoor hier

“Hoor hier” is ʼn oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunsteling-rubrieke uit haar eie pen. Die reeks word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Afrikaans.com. Dit word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media.

Hoe Nou?!

#HoeNou?! is ʼn insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op ʼn pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Su-an Müller-Marais, bekende radio- en TV-aanbieder, en Gerhard van Huyssteen, professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit, ontwikkel en bied die reeks aan. Die reeks word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Afrikaans.com met Maroela Media wat dit tegnies versorg en versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.