Margot maak toetrede op Top-20

Margot, die jonger suster van die bekende sanger Loki Rothman, betree vandeesweek die Top-20 met haar enkelsnit “Tydelike afleiding”.

Margot het vroeër aan Maroela Media vertel dat sy daarna streef om ʼn internasionale klank in Afrikaans te skep. Met “Tydelike afleiding” kry jy amper die gevoel dat jy na iets van Billie Eilish luister, maar in Afrikaans! Die lied kry ook baie aftrek op stroomdienste.

Juanita du Plessis en Snotkop neem ook hul posisie in op die Top-20 die week met “Ruk die dam”.  Hierdie lied is op Juanita se album Dis tyd wat vroeg in 2020 bekendgestel is.

Bernice West wat aan-af alreeds 10 weke die nr.1-posisie betree, bly die week op nommer een.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal, ses snitte wat die week onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die week hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Elandré – “Dag en nag”
  3. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  4. Bernice West – “Die hart”
  5. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Spoegwolf – “Swart vere”
  9. Francois van Coke ft Jan Blohm – “Die toekoms”
  10. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  11. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  12. Loufi – “Boude”
  13. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  14. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  15. Jo Black – “Spring”
  16. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  17. Len Muller ft Stella – “Toevlug”
  18. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  19. Juan Boucher ft Neil Somers – “In die bosveld”
  20. Margot – “Tydelike afleiding”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Belinda

Margot is baie mooier as op daardie foto. “Editing” is nie altyd tot aanwins nie, beslis nie vir hierdie pragtige talentvolle kunstenaar nie. Jou liedjie is stunning!!!