Maroela Media Afrikaanse Top 20: 11 April

Mynie Grové en Karen Zoid. Foto: Skermskoot uit die video

Mynie Grové en Karen Zoid. Foto: Skermskoot uit die video

In vandeesweek se Maroela Media Top 20 is daar ses snitte wat styg, tien snitte wat daal, twee wat hulle posisies behou asook twee splinternuwe liedjies wat vandeesweek die Top 20 betree. Andriette en Andre Venter se “Tot oneindig einde kry” en Amore Vittone se “Te laat vir totsiens” val dié week uit die Top 20.

Arno Carstens en Deon Groot betree dié week se Top 20.

Marno van der Merwe het verlede week sy nuwe enkelsnit, “Uitverkoop aan ons”, landwyd aan radiostasies uitgereik en het ongelukkig nie dié week se Top 20 gehaal nie, maar namate dié liedjie meer lugtyd kry, is ek seker dit sal moontlik binnekort die Top 20 betree. Sy nuwe CD is ook later vanjaar beskikbaar.

Arno Carstens is terug en dié keer met sy eerste Afrikaanse EP, Die aand. Sy eerste enkelsnit, “Ontwaak”, betree dié week se Top 20 op nommer 19. As jy die nuwe enkelsnit wil hoor, luister gerus na die Maroela Media Afrikaanse Top 20 die komende naweek op verskeie gemeenskapradiostasies landwyd. Die uitsaaiskedule is hier beskikbaar.

In die no. 20-posisie betree Deon Groot vandeesweek die Top 20 met “Bietjie liedjie”.

Bok van Blerk se “Modder en bloed” is vir die tweede week in die gesogte no. 1-posisie. Die fliek met dieselfde titel het op 1 April in teaters landwyd begin draai.

  1. Bok van Blerk – “Modder en bloed”
  2. Joshua na die Reën – “Vir altyd”
  3. Belinda Bronner en vriende – “Gebed vir ons land”
  4. Vaughan Gardiner – “Bou aan liefde”
  5. Cordelia – “Eerste woorde”
  6. Jak de Priester – “Sporelied”
  7. Jacqueline – “Dis hier en nou”
  8. Len Muller en Joshua na die Reën – “Vir die een wat geval het”
  9. Sharoney – “Wees my held”
  10. Heidi – “Jonk en mooi”
  11. Kurt Darren – “Ek wens vir jou”
  12. Brendan Peyper – “Die perfekte een vir my”
  13. Karen Zoid en Mynie Grove – “Sweef soos ʼn arend”
  14. Elvis Blue – “Al wat ek weet”
  15. Refentse – “Songvanger”
  16. Neil Somers – “Skipper”
  17.  Joe Foster – “Vir my gemaak”
  18. Nagligte – “Ongeloof(lik)”
  19. Arno Carstens – “Ontwaak”
  20. Deon Groot – “Bietjie liedjie”

Kyk hier die video van Karen Zoid en Mynie Grové se duet “Sweef soos ʼn arend”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susan Grobler ·

DEON GROOT : BIETJIE LIEDJIE is wonderlik ons geniet hom en die liedjie vreeslik baie!!! So bly julle het hom op die lys. Hy verdien 1e plek!!!

Patrys Laubscher ·

Wow, Dankie vir jul puik stasie en lys!! Ons geniet die Top 20 en veral nou met Bietjie Liedjie wat ingetree het. Sal nou moet elke week luister!!!Ons hou vordering dop!!

Linda Greef ·

Bietjie liedjie van Deon Groot is AWESOME!!! kan ons hom meer hoor asb.

Patrys Laubscher ·

Bietjie liedjie van Deon Groot is AWESOME!!! kan ons meer van hom hoor asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.