Maroela Media Afrikaanse Top-20: 13 November 2017

Jo Black en Leah (Foto: Facebook)

Die sangers Leah en Jo Black bly vandeesweek vir die tweede week in die no. 1-posisie in die Afrikaanse Top-20 met hul liedjie “Nooit alleen”.

Joshua na die Reën betree dié week die Afrikaanse Top-20 op no. 20 met sy enkelsnit “2017”.

Dié sanger het voorheen vertel dié liedjie gaan oor mense wat hul drome najaag.

“Aan die begin van 2017 was daar ʼn nuwe atmosfeer in die lug, asof dit die jaar sou wees waarin baie mense die drome in hulle harte sou begin najaag. En aan die einde van 2017 voel dit vir my asof dit tóg so was,” het hy vertel.

Juanita du Plessis maak ook haar toetrede tot die Top-20 met haar liedjie “Loop op die water”.

  1. Leah & Jo Black – “Nooit alleen”
  2. Steve Hofmeyr – “Feeslied”
  3. Brendan Peyper – “Sê ek net ja”
  4. Ray Dylan – “Vir ewig jonk”
  5. Emil Struwig – “Liefde wen altyd”
  6. Bouwer Bosch – “Verby”
  7. Tussen Sterre ft Bouwer Bosch – “Hemelrym”
  8. Caroline Grace – “Ek bid vir jou”
  9. Retief Burger – “Oor ʼn duisend jaar”
  10. Len Muller – “Ons is een”
  11. Appel – “Kom en lê my neer”
  12. Elandré – “Afrikaans sal bly”
  13. Kurt Darren – “Jy’s ʼn legend”
  14. Bok van Blerk en Appel – “Lemoene”
  15. Elvis Blue – “Blou”
  16. Liezel Pieters – “Gooi jou liefde op my neer”
  17. Jay – “Solank”
  18. Karen Zoid – “Vir jou”
  19. Juanita du Plessis – “Loop op die water”
  20. Joshua na die Reën – “2017”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.